Ons Dienste

Sarie Marais.Com

Sarie Marais.Com is waar alles begin het. Ek wou 'n webblad bou waar my kinders soveel inligting moontlik kan kry oor ons taal, kultuur en tradisie.

Die webblad bestaan uit baie afdelings en sub bladsye.

Boereraat

Boeresport

Resepte

Kinder afdeling

Ons geskiedenis

Die Groot Trek

Boereoorlog

En baie meer. Gaan kyk gerus daar. Ek gaan 'n groot deel van die webblad herbou wanneer ek eendag kans kry.

 

Doel Van Die Radio

rec

DOEL VAN DIE RADIO

Jy maak Radio Sarie soos jy dit wil hoor. Bedryf jy jou eie besigheid? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, karre reg te maak, visvang...., of droom jy daarvan om n omroeper te wees? Hier is jou kans. Kontak my en ek help jou om jou eie program op Radio Sarie te begin. Gratis en verniet solank jy binne die reels hou.

rec

Recording Studio

Dog Box Records

Ons het 'n volledige opname ateljee beskikbaar.

Kunstenaars gebruik dit, maar u kan dit ook gebruik vit watter doel ook al. Wi jy dalk 'n lied opneem en aan 'n geliefde gee as gekenk? 'n Gedig voordra of wat ook al.

Ons het ook ons eie platemaatskappy, maar daar word nie van u verwag om dit te gebruik nie. U kan 'n lied of volledige cd by ons opmneem, self verwerk, of daat ons dit doen, en dan self vrystel onder u eie naam.

 

 

Buite Uitsendings

Buite Uitsendings

Buite Uitsendings.

Indien u 'n funksie reel soos baie in die buiteland doen, dan kan Radio Sarie 'n buite uitsending doen. Ons kan ook klank toerusting verskaf indien daar toesprake gemaak word, musikante optree of slegs net die musiek vir die dag speel. Daar is egter voorwaardes daaraan betrokke.

Indien u verkies het ons ook 'n tent wat ons opslaan om veral die kinders besig te hou. Ons bring 'n tv saam en hulle kan na Afrikaanse kinder programme kyk. Heidi, trompie ens.

Radio Sarie is nie 'n winsgewende besigheid nie. Dit is nie ons doel nie, maar ons kan ook nie toelaat dat enige ander persoon of besigheid dit misbruik nie. Indien u wil geldmaak uit die radio uitsendings uit, dan sal ons dit toelaat, maar daar sal kostes by wees.

Ons het selfs al 'n troue uitgesaai. Die paartjie het familie en vriende gehad wat nie die troue kon bywoon nie, maar hulle ken deel daarvan wees deur daarna op Radio Sarie te luister.

Alles is moontlik.

 

 

Ons Forum

Dit is baie maklikker om op n forum te gesels an al die radio inligting bymekaar te hou as op sosiale media. Dit gee ons kans om saam op een plek te kuier en mekaar te help. Dit is ook baie maklikker on terug te gaan na ou gesprekke toe indien jy iets soek.

Nog 'n rede is dat die omroepers al die inligting wat hulle nodig het op een plek kan kry.

 

 

Do Good

Ons doen al vir jare liefdadigheid werk. Beide as deel van Sariemarais.Com en Radio Sarie.

Dit is egter baie moeilik om geld in te samel, daarom het ons besluit om te registreer.

Ons charity is onafhantlik van Radio Sarie, maar tog deel daarvan.

Besoek gerus die blad en ondersteun ons indien moontlik.

Programme

Dit hang van die omroeper (jou) af.

Daar is programme wat nuwe kunstenaars se musiek bekend stel. Dan kyk ons ook graag terug na die musiek waarmee ons groot geword het, dinge soos die ou SA Top 20 van Springbok radio.

Daar word gewoontlik op Faceboek gepos oor wie en watter programme opkom.

Kontak ons / Versoekke

Wanneer ons versoek programme doen kan u direk met ons in kontak kom deur op die "gesels blokkie" te klik.

Wanneer ons nie aanlyn is nie, gebruik asb die e pos opsie in dieselfde blok. Ons beoog om alle e pos binne 24 uur te antwoord.

Ou Programme

 

 

Ons Geskiedenis

Ek het n hele paar jaar gelede Radio Sarie begin as deel van die Sarie Marais.Com webblad. Die radio was n groot sukses, maar ek het te besig geraak om dit te bestuur en het die radio oorgegee aan iemand anders om daarmee te maak soos hulle goeddink. Ek is bly en trots om te kan se hulle het baie goed gedoen,maar tragedie het veroorsaak dat hulle die radio moes staak. Ek hou egter van die formaat wat ek gebruik het op Radio Sarie en ek voel ook dat daar baie mense is wat graag hulle stokperdtjies is idees met ander wil deel. Daarom het ek Radio Sarie weer begin. Ons saai uit vanaf Engeland,maar dit maak nie saak waar jy is nie jy is welkom on deel te wees en jou eie program te begin. Dit is ons doel om ons Suid Afrikaanse kunstenaars en hoofsaaklik Afrikaanse kunstenaars te bevorder. Dit terwyl ons nie ons velede vergeet nie. Ons speellys bevat ook heelwat ou musiek. Radio Sarie is n tweetalige radio stasie. Die rede daarvoor is eenvoudig. Baie van ons is met Engels sprekende persone getroud, so waarom sal ons hulle wil uitsluit? Sit terug en luister of kom gesels op Faceboek en wees deel van ons. Kom gesels ook saam op ONS FORUM

Radio Sarie Top 5

Feeste en Byeenkomste

Ons reel ons eie feeste en byeenkomste, maar help ook graag ander on 'n sukses van huule feet te maak.
...

Watsupp

Plaas binnekort die nommer

(*44) -3210

Adres

Stoke on Trent

VK

Kontak ons